top of page

’n Avontuur- en navigasie-rally in die Oos-Vrystaat, gegrond in die dorpie Vrede. Ontsnap hierdie Januarie uit die stadsgejaag en beleef die skoonheid van die hoëveld met sy eindelose golwende heuwels.

Die roete strek oor 180 km se grondpaaie—oor brûe, deur modder en langs paaie wat min mense ooit ry. Met jou roetekaart in die hand volg jy die aanwysings om verborge kontrolepunte te bereik waar jy jou tyd moet aanteken.

Die span wat met die kleinste tydsafwyking terugkeer—die naaste aan die marshal se gemiddelde tyd—word gekroon as die Vrede Padvat 4x4-Koning!

DSC04095_edited.jpg
Padvat Instagram (6).png

BAIE DANKIE AAN ONS BORGE

Screenshot 2026-01-13 at 14.19.44.png
Screenshot 2026-01-13 at 14.08_edited.png
WhatsApp Image 2026-01-13 at 16.41.02.jpeg
WhatsApp Image 2026-01-13 at 16.36_edited.jpg

’N GESINSVRIENDELIKE NAVIGASIE-AVONTUUR – ONTDEK 'N NAWEEK DIE OOS-VRYSTAAT 

Entries Header (2).jpg

​

WAARVOOR ONS STAAN

Screenshot 2025-10-23 at 10.48.20.png

By Vrede Padvat glo ons dat paaie meer as net plekke verbind — dit verbind mense.
Ons doel is om avonturiers van regoor Suid-Afrika saam te bring in die hart van die Oos-Vrystaat, waar gemeenskap, natuur en stories hand aan hand loop.

Dit gaan oor vryheid, vriendskap en teruggee —
Vrede Padvat staan saam om ons plaaslike gemeenskap te ondersteun en die mense te help ophef wat hierdie dorpie so besonders maak.

Want by Vrede Padvat gaan elke reis oor meer as die eindpunt — dit gaan oor die verskil wat ons maak op pad soontoe.

Vrede Padvat is ’n NPO wat daarna streef om aandag te vestig op die pragtige area wat ons tuiste noem.

HOEKOM DEELWEES BY VREDE PADVAT?

’N ONVERGEETLIKE GESINSDAG WAAR JULLIE 180 KM DEUR DIE HEUWELS VAN DIE OOS-VRYSTAAT NAVIGEER

GESINSVRIENDELIKE GELEENTHEID

’n Geleentheid vir die hele gesin om te geniet. Kom dompel jou in die golwende heuwels van die Oos-Vrystaat en bring jou hele gesin saam. Kinders word aangemoedig om deel te neem aan die navigasie-rally en saam in die avontuur te beleef!

Family having fun outside

EGTE VRYSTAAT-LANDSKAP

Die Vrede Padvat bied ’n egte Oos-Vrystaat-ervaring met van Suid-Afrika se mees indrukwekkende natuurskoon. Golwende heuwels en die opwinding van modderige grondpaaie skep die unieke omgewing vir die Vrede Padvat.

c2630e92-d7c9-4c40-8f92-552eb7c5bdc9.JPG

PADVAT MET ’N DOEL

Al die fondsinsameling van die Vrede Padvat gaan direk na die plaaslike gemeenskap, insluitend die Avondvrede Ouetehuis.

Alhoewel die ouetehuis deur die regering befonds word, is daar geen ekstra ondersteuning vir die klein dinge wat troos en vreugde bring aan die inwoners se lewens nie. Deur hierdie geleentheid wil ons die gaping vul en die bejaardes voorsien van die klein ekstra’s wat die lewe net ’n bietjie mooier maak.

Team Hugging

KONTAK ONS

As jy graag met ons in aanraking wil kom,

stuur gerus 'n e-posnavraag:
vredepadvat@gmail.com

Of gee ons 'n oproep - ons help jou met plesier!

+27 76 041 8549

  • Instagram
  • Facebook
Padvat Instagram (6).png
bottom of page